Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Vir Mandeladag het Sonneblom-kleuterskool in Rosevalley 'n nuwe baadjie gekry.
Personeel van Blue Ribbon het hul 67-minute vir Mandeladag gebruik om die skool te verf en die maatskappy het ook brood geskenk.
Volgens skoolhoof, Marilyn Blaauw, is daar brood, koffie en Waya-Waya geskenk.
Later die middag is 'n geleentheid vir 100 dames, veral tienermeisies uit die gemeenskap gehou.
Daar is gesels oor tienerswangerskappe en dwelmmisbruik.
Blaauw is baie dankbaar vir die verandering by die skool, asook die skenking van brood vir die kinders.
Fotogalery: Sonneblom-keluterskool spog met nuwe verf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’