OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn se Robert Swart het met verlede jaar se matriekeindeksamen 'n gemiddeld van 89,86% behaal en dié prestasie boonop met 'n ongelooflike 8 A's vermag.
Sy onderskeidings is behaal in Ingenieursgrafika en Ontwerp (IOG), Afrikaans, Fisiese wetenskappe, Wiskunde, Rekeningkunde, Engels, Lewensoriëntering en Rekenaartoepassingstegnologie.
Swart se droom is om binnekort siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer.
Die bekende Protea tiener-fietsrysensasie van Langenhoven Gimnasium, Charlissa Schultz, het verlede jaar ook haar akademiese staal gewys en is met 'n gemiddeld van 89% haar skool se toppresteerder. Sy spog met A-simbole vir Afrikaans, lewenswetenskappe, lewensoriëntering, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie, Engels en fisiese wetenskappe.
Volgens Schultz beoog sy om B.Sc. in fisioterapie by die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Sy sê die rede vir haar besluit om hierdie spesifieke rigting te studeer is om op so 'n manier steeds by sport betrokke te wees.
Charlissa Schultz
Carl Jooste van Bridgton Senior Sekondêr is met ses onderskeidings sy skool se toppresteerder met 86,9 % en hy studeer tans Aktueele Wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad.
Carl Jooste
Fezekile High se Michaelah James was haar skool se topmatriekleerder vir 2020 met 'n gemiddeld van 76% . Sy het ondersekidings behaal en beplan 'n loopbaan in menslike hulpbronbestuur.
Michaelah James
Sherwin Plaatjies is Môrester se top-matriekleerder met 'n slaagsyfer van 73%. Plaatjies, wat op 17 Maart by die Noordwes Universiteit vir 'n graadkursus in elektriese ingenieurswese aanmeld, het onderskeidings in wiskunde, ingenieursgrafika en ontwerp (IGO) behaal.
Sherwin Plaatjies
By Auriel Kollege was Muschka Murphy met 73,6 % haar skool se toppresteerder.
By Dysselsdorp Sekondêr is Desnene Olkers met 'n gemiddeld van 79% haar skool se topleerder. Sy het onderskeidings in Geskiedenis, Besigheids Studies en Lewensorientering behaal. Olkers beoog om Onderwys Sielkunde aan die Universiteit van Potchefstroom te studeer.
Desnene Olkers
Fereldi Floors van Hoërskool De Rust spog met onderskeidings in Rekeningkunde, Geskiedenis en Lewensorientering. Sy gaan onderwys aan die universiteit van Potchefstroom studeer.
Fereldi Floors
Verwante artikel: 100% slaagsyfer vir Langenhoven Gimnasium en Shalom
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'