OUDTSHOORN NUUS - Bridgton Senior Sekondêr se 2020-matrieks het vanjaar 'n algehele slaagsyfer van 80% behaal.
Altesaam 195 leerders het die eksamen afgelê waarvan 159 geslaag het.
Vanjaar se top-3-kandidate is Carl Jooste (86,9%), Ethan Botha (77%) en Jada Roman (72,7%).
Volgens die skoolhoof, Kelvin Ellis, het die skool reeds by 'n vorige geleentheid 'n skootrekenaar aan Jooste geskenk om te help met sy toekomstige studies, terwyl Botha en Roman kontantbeurse ontvang het.
Die res van die uitslae is as volg:
Universiteitstoelatings - 60 leerders
Diploma - 57 leerders
Hoër sertifikaat - 39
Oudtshoorn Courant sal Donderdag 'n volledige berig oor al die skole publiseer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'