OUDTSHOORN NUUS - Caring Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie op Oudtshoorn, het onlangs skryfbehoeftes wat hulle vroeër vanjaar ontvang het by Vlakteplaas Primêr buite De Rust oorhandig.
Letitia de Lange, voorsitter van die groep, sê dit was vir hulle as groep 'n voorreg om te kon bydrae tot die opvoeding van kinders.
"Die glimlaggies op die kinders se gesigte het dit absoluut die moeitewerd gemaak en ons kon sien ons maak 'n verskil.
"Ons probeer help waar ons kan, maar sonder die gemeenskap sou dit nie moontlik gewees het nie."
Lees 'n vorige artikel: Caring Angels ontvang skryfbehoeftes
Agter in die middel is Hein Coetzee (lid van Caring Angels).
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'