OUDTSHOORN NUUS - Caring Angels, 'n liefdadigheidsorganisasie op Oudtshoorn, het skryfbehoeftes ontvang wat hulle aan behoeftiges gaan oorhandig.
Letitia de Lange, voorsitter van die groep, sê dit is verblydend om te sien hoe die mense hul harte vir die projek oopgemaak het.
"Issie Baartman van Money Help Cash Loans, Nazeem Jooma en Madison Joonas het mildelik tot die projek bygedra.
"Ons bedank ook al die ander individue wat gehelp het."
Caring Angels.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'