OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Inwoner van De Rust is per ambulans na die Mediclinic in Oudtshoorn geneem nadat sy motor deur 'n skoolbus getref is.
Sover vasgestel kan word is daar tans eenrigtingverkeer in De Rust se hoofstraat as gevolg van padwerke.
Die bus was met die hoofstraat onderweg toe die motor uit 'n systraat voor hom ingedraai het.
Dit is nie duidelik of daar mense by systrate diens doen om verkeer te reguleer nie.
Die busbestuurder was alleen in die bus tydens die botsing.
Die skoolbus na die ongeluk. Foto's: Brende Brits
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'