OUDTSHOORN NUUS - De Villiers Viljoen was die eerste skut wat onder leiding van die plaaslike wapeninstrukteur, Nico van der Merwe, 'n bevoegdheidskursus vir handwapens en haelgewere voltooi het.
Van der Merwe het pas sy eie opleidingssentrum vir bevoegdheids- en gevorderde wapenopleiding in Oudtshoorn gestig en De Villiers was sy eerste student.
Van der Merwe het reeds meer as 26 jaar ondervinding van wapens en opleiding van skuts. Vir navrae en verdere inligting kan hy telefonies by 082 781 6810 of per e-pos by sfctactical@gmail.com gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'