OUDTSHOORN NUUS - Die voorsitter van Agri Klein Karoo, Joey Potgieter, het Maandag R2 000 aan Zeekoegat Primêr oorhandig.
Die geld is tydens 'n gesamentlike netwerkaand van Agri Klein Karoo, die Oudtshoorn besigheidskamer en die groter Oudtshoorn- en De Rust-toerisme met gelukstrekkings ingesamel.
Die totale bedrag wat ingesamel is beloop R4 000.
Die ander geld sal later aan Helen Bellinganhof oorhandig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'