OUDTSHOORN NUUS - Scrosoppi-sorgsentrum het Donderdag 5 Desember hul gebruiklike Kersfees met 'n besoek van Sinterklaas gehou. Altesaam 920 kinders vanuit die gemeenskap het die geleentheid bygewoon.
Die spesiale middag is in Bridgton by die Sint Luigi Scrosoppi-sorgsentrum in Wolfweg aangebied. Voor Sinterklaas se aankoms op 'n motorfiets is daar 'n Kersspel opgevoer. Elke kind teenwoordig het 'n geskenk ontvang.
Wie is Sinterklaas?
Sinterklaas, afgelei van Sint Niklaas, het in die vierde eeu gelewe en was ook teenwoordig by die Konsilie van Nicea.
Sinterklaas was alombekend vanweë sy naasteliefde en omdat hy altyd uit sy pad gegaan het om behoeftiges te help. Hy was ook die oorspronklike model vir die moderne Kersvader-figuur. Sy feesdag word jaarliks op 6 Desember saam met die uitdeel van geskenke aan kinders gevier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’