OUDTSHOORN NUUS - Sinterklaas het gister, 6 Desember, oudergewoonte geskenke aan kinders in Bridgton by die Sint Luigi Scrosoppi Sorgsentrum in Wolfweg oorhandig. Vanjaar het hy op 'n brandweerwa gearriveer tot groot opgewondenheid van die kinders.
Daar was 918 kinders wat die partytjie bygewoon het.
Sinterklaas, afgelei van Sint Niklaas, het in die vierde eeu gelewe en was ook teenwoordig by die Konsilie van Nicea.
Sinter Klaas was alombekend vanweë sy naasteliefde en omdat hy altyd uit sy pad gegaan het om behoeftiges te help.
Hy was ook die oorspronklike model vir die moderne Kersvader-figuur. Sy feesdag word jaarliks op 6 Desember gevier saam met die uitdeel van geskenke aan kinders.
'Ons bring jou die nuutste Klein-Karoo nuus'