OUDTSHOORN NUUS - SWD Sierduiwe hou die komende naweek, 31 Augustus, 'n Sierduif-opedag en die publiek word genooi om die duiwe te besigtig.
Die opedag vind om 10:00 by Barons Palace Hotel in Hoogstraat plaas en toegang is gratis.
Die dag word deur SWD Sierduiwe aangebied.
Volgens Mario Kapp (vise-president), gaan daar ongeveer 20 verskillende rasse by die skou wees.
Die klub het vroeër vanjaar tydens hul algemene jaarvergadering 'n nuwe bestuur gekies. Die lede is Arthur Muller (president), Kapp (vise-president en jeugverteenwoordiger), Natasha Kapp (tesourier), Monia Muller (sekretaris), Herman Hanekom jr. (junior skoubeampte), Johan Nel (addisionele lid) en Chanel Hanekom (bemarking en sosiale media).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’