Update
LADISMITH NUUS - Die vyfjarige Theoniell Johannes wat voorverlede naweek saam met sy ouers in 'n botsing betrokke was, moes Dinsdag 16 November rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig ondergaan.
Theoniell se ma, Natasha, is in die ongeluk dood toe hulle Toyota Yaris reg van voor deur 'n VW Polo getref is. Die Polo was na bewering in 'n resies met nog 'n Polo betrokke.
Die botsing het op die R62 tussen Zoar en Ladismith plaasgevind.
Volgens Aniel Johannes, Theoniell se pa, het 'n motoris van Zoar, Melvin Ambros, vir hom en sy seun na die Alan Blyth-hospitaal geneem.
"Theoniell moet chirurgie aan sy gesig by die Rooikruis-kinderhospitaal ondergaan. Sy gesig is ernstig geskend en sy neus is oopgesny in die botsing," het hy Maandag gesê.
Johannes se skoonsuster, Hillary Visagie, het Theoniell Kaapstad toe vergesel. Kapt. Malcolm Pojie Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het reeds bevestig dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word.
Aniel en Natasha Johannes op hulle troudag 'n maand voor die noodlottige botsing.
Theoniell Johannes
VORIGE ARTIKEL: Jong ma sterf in botsing
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'