OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit doen 'n beroep op lede van die gemeenskap om die burgemeester-imbizo’s wat tans in Oudtshoorn en omgewing gehou word, by te woon.
Dié imbizo's bied geleentheid vir gemeenskapsinsette ten opsigte van die wysiging van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die boekjaar 2021/2022 ingevolge artikel 21 van die Wet op Plaaslike Regering (Munisipale Stelselswet), asook die konsepbegrotingsoorsig vir 2021/2024 finansiële jare.
Die gemeenskap word versoek om minstens 'n uur voor die aanvang van die vergadering by die lokaal op te daag sodat Covid-19-regulasies toegepas kan word.
Bywoning kan 'n week voor die aanvang van die imbizo by Thembeka Gunguluza of Zandria van Rooyen by 044 203 3972 bevestig word of per e-pos aan thembeka@oudtmun.co.za.
Indien lede van die gemeenskap nie die vergadering kan bywoon nie, word hulle toegelaat om van die munisipale Facebook-messenger gebruik te maak (www.facebook.com/oudtmun) of e-pos thembeka@oudtmun.co.za, masola@oudtmun.gov.za of zandria@oudtmun.co.za om hul insette binne 21 werksdae vanaf die dag van die publikasie van hierdie kennisgewing in te dien.
Datums vir imbizo’s
Die volgende imbizo sal Donderdag 22 April by die banketsaal om 19:00 gehou word.
Maandag 26 April om 19:00 by Volmoed Primêr en Woensdag 28 April word dit afgesluit by Welbedacht-kerksaal om 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'