OUDTSHOORN NUUS - Dit is weer tyd vir die jaarlikse Oudtshoorn-skoenboksprojek en word daar hierdie jaar sommer vroeg weggespring met insamelings vir dié goeie doel. Dit is die 18de jaar wat die projek in Oudtshoorn plaasvind.
Die projek is gemik op behoeftige en eensame inwoners van die ACVV-tehuise in Oudtshoorn.
Anneline Smith, Janine Pretorius en Yolandi Claassens staan aan die stuur van die projek.
Geskenke moet verpak wees in mooi oorgetrekte skoenbokse of 'n geskenksak, gemerk met die betrokke kind/bejaarde se naam, ouderdom, asook die instansie se naam.
Elke geskenk is bedoel as 'n Kersfees-verrassing vir 'n spesifieke kind of bejaarde, niemand kry dus dieselfde geskenk nie en laat elke ontvanger spesiaal en geliefd voel.
Die riglyn vir donasies is R250 per geskenk, ter wille van eenvormigheid.
Die finale datum vir inhandiging is 28 November.
Vir meer inligting kontak:
- Janine: 083 244 3228 of ninabrandt.pretorius1@gmail.com
- Yolandi: 083 978 3913 of yclaassens@yahoo.com
- Anneline: 084 703 5000 of annieoudtshoorn@gmail.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’