'n Sakeman van Oudtshoorn het solank die inisiatief geneem om die sypaadjies naby sy onderneming te verfraai.
Johan Breunissen, eienaar van Beans About Coffee en Die Herrie, het vandag saam met werknemers tientalle blomplantjies rondom 11 bome in Hoogstraat geplant.
"Ek het besluit 'n mens kan negatief oor die dorp wees en net kla, of jy kan iets doen om 'n verskil te maak," het hy gesê.
Die plantjies is in die ongewing van die NG Moederkerk en Breunissen moedig ander sakemanne en inwoners aan om ook in te spring vir 'n mooier dorp.
Een van die blombeddings.
Lees 'n verwante artikel: Verfraai die dorp voor KKNK
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'