OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn munisipaliteit wil graag in samewerking met die gemeenskap van Oudtshoorn ‘n verfraaiingsprojek begin ter voorbereiding van die KKNK.
Hierdie gedagte het posgevat na verskeie navrae oor die agteruitgang van ons dorp se ingange en ook vrywilligers wat hulle dienste aangebied het om die dorp weer na sy vorige glorie te herstel.
Die munisipaliteit nooi dus alle belanghebbendes uit om deel te wees van ‘n inligtingsvergadering waar die probleem bespreek sal word en oplossings gevind word om ons omgewing in ‘n watervriendelike omgewing te omskep.
Die vergadering vind plaas op Woensdag 20 Februarie om 18:00 in die banketsaal.
Almal wat ‘n verskil in die dorp wil maak en sien, is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'