OUDTSHOORN NUUS - Die Cango Wildlife Ranch sake-aflos wat aanvanklik op 9 Oktober sou plaasvind, vind nou op 16 Oktober plaas.
Volgens Dave van der Walt, operasionele bestuurder van die Klein Karoo Atletiekfonds, sou die geleentheid binne die skoolvakansie geval het en het die organiseerders besluit om die datum te skuif.
Vir die afgelope agt jaar was Klein Karoo Atletiekfonds bevoorreg om Timbercity as die borg van die gewilde Klein Karoo Sake-Aflos in Oudtshoorn te kon hê.
Intussen het BUCO vir Timbercity oorgeneem en wou BUCO nie met die borgskap voortgaan nie.
Cango Wildlife Ranch het intussen ingestem om die nuwe borg vir die gewilde sake-aflos te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’