Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen nege ouers van die Grootkraal (UCC) Primêr wat vertoë vir die skraping van hul saak tot die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig het, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof tot September uitgestel omdat ‘n antwoord nog nie ontvang is nie.
Die nege beskuldigdes, Johannes Lottering, Randall May, Blaudwine Fortuin, Marion Witbooi, Michelle May, Johnny van Niekerk, Lena May, Alicia Bruintjies en Cathleen Gelant word aangekla van menseroof, opsetlike saakbeskadiging, aanranding, intimidasie en openbare geweld.
Die saak spruit uit ‘n voorval op 7 April 2021 toe twee onderwysers van die skool glo aangerand en verhoed is om die skoolperseel te verlaat.
Die groep se regshulpprokureur, Brian Carelse, het die hof meegedeel dat steeds gewag word op ‘n beslissing van die DOV en vir uitstel van die saak gevra is.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en is uitgestel tot 3 September. Al die beskuldigdes is uit op waarskuwing.
Vorige artikel: Ouers van Grootkraal in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’