Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Groot groep motorfietsryers het gister 'n massiewe skenking aan Oudtshoorn se munisipale skut oorhandig.
Die motorfietsryers, verbonde aan Bikers vir Liefdadigheid, het in samewerking met Landyworld, komberse, kussings, speelgoed en kos vir die honde en katte van die skut aan Oudtshoorn Dogs In Need oorhandig.
Al die skenkings is deur die lede van die motorfietsklub ingesamel en vanaf George na Oudtshoorn gebring.
Die motorfietsryers het ook 'n geldinsameling gehou en 'n ruim bedrag aan die skut oorhandig.
"Dit is ons grootste skenking wat ons nog van hulle ontvang het," het Elaine Gerber, lid van ODIN gister gesê.
Anton Meyer, van Bikers vir Liefdadigheid, het gesê dat hulle Saterdag ook 'n anonieme persoon gekry het wat bereid is om 'n ton hondekos te koop en aan die skut te skenk.
"Die skenking sal ons in die loop van die week aan die skut kom oorhandig.
"Enigiemand wat nog 'n skenking wil maak kan ons kontak en ons sal seker maak dat dit by die skut uitkom."
Indien enigiemand nog 'n skenking wil maak kan hulle Meyer by 083 382 4510 skakel.
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'