OUDTSHOORN NUUS - Nuus van die skielike dood van Oudtshoorn-rugbylegende, Keanin Esau, het vandeesweek soos 'n veldbrand versprei met menigte inwoners wat hul skok en hartseer oor die tyding uitgespreek het.
Easu was ten tyde van sy afsterwe 'n lig van Harlequins Magte-rugbyklub. Die oorsaak van sy dood is op hierdie stadium onbekend.
Harlequins het by navrae aangedui dat hulle nie op hierdie stadium amptelik kommentaar wil lewer nie, maar die klub het wel op sy Facebook-blad hulde gebring aan Esau en ook hul medelye teenoor sy familie betuig.
Esau was 'n gewilde en talentvolle rugbyspeler wat op sosiale media as 'n nederige persoon beskryf is wat 'n groot leemte in SWD-rugby los. Oudtshoorn Courant onderneem om binnekort met sy familie 'n onderhoud te voer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’