OUDTSHOORN NUUS - Rou riool wat daagliks aan die suidekant van Langenhovenweg - veral soggens en as dit reën - by Smitswinkel en omliggende huise oorstroom, is besig om inwoners en sakelui se gemoedere op te jaag.
Die riool oorstroom nie net uit mangate nie, maar is besig om deur ‘n afvoerpyp in die Grobbelaarsrivier in te vloei.
Met die Oudtshoorn Courant se besoek aan die probleemarea die afgelope twee dae, is ongeseëlde mangate gevind.
Waar die riool by die Grobbelaarsrivier invloei, is gevind dat die opgaararea vermoedelik met ‘n stootskraper vergroot is.
Volgens André Claassen, bestuurder en mede-eienaar van Smitswinkel, sit hy met sy hande in sy hare. “Dit word elke keer aan die munisipaliteit gerapporteer, maar nie opgelos nie. Ek bedryf ‘n restaurant met gastekamers. Ons moet daagliks baie geld spandeer om te midde van die probleem toerisme in Oudtshoorn te bevorder.”
Die Oudtshoorn Courant is besig om die probleem met die munisipaliteit op te neem.
Die riool oorstroom nie net uit mangate nie, maar is besig om deur ‘n afvoerpyp in die Grobbelaarsrivier in te vloei.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'