OUDTSHOORN NUUS - Die Rotariërklub van Oudtshoorn het Woensdagaand, 22 Julie, die aanvang van die nuwe Rotariër-jaar tydens sy jaarlikse inhuldigingsfunksie gevier.
Tydens die geleentheid is Hanlie Rix vir die derde keer as president van die klub ingehuldig. Sy sal saam met haar nuwe bestuur die leisels vir die komende jaar neem.
Die klub het ook twee nuwe lede, Erik Marais en Herman Engelbrecht, amptelik verwelkom. Volgens die klub sal hul betrokkenheid bydra tot die voortgesette dienslewering en gemeenskapsprojekte waarvoor die Rotariërs bekend is.
Die nuwe jaar staan onder die internasionale tema Create Lasting Impact, wat die fokus plaas op betekenisvolle diens, sterk vriendskapsbande en projekte wat ’n blywende verskil in gemeenskappe maak.
Volgens Rix spreek die Rotariërklub die wens uit dat die nuwe jaar gekenmerk sal word deur suksesvolle projekte en volgehoue diens aan die gemeenskap van Oudtshoorn en omliggende gebiede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’