OUDTSHOORN NUUS - Vrywilligers van Global Serving Hands onder leiding van Harriet Marais het gesorg dat Rooiheuwel Primêr buite Oudtshoorn 'n nuwe biblioteek, ontspanningskamer en 'n speelgrond gekry het.
Behalwe dit het vrywilligers van Maastricht in Nederland, Saskia Kesselaar en Yves van Wissem, juffrou Monique Pienaar se droom vir 'n ordentlike speelarea en biblioteek met harde werk en geduld verwesenlik.
Volgens Marais het Rebecca Greeff, 'n plaaslike inwoner geld ingesamel vir 'n sportdrag vir die kinders en het dit hulle so beïndruk dat die organisasie besluit het om in te spring en seker te maak die kinders kry nou 'n voorsprong by dié plaasskool. Elzett en Morné Greef het met Marais hande gevat om die speelparkie oor te doen.
Die kinders kan nou gedurende pouse lekker op die nuwe klimraam speel en die biblioteek is 'n groot aanwins aangesien die kinders honger is vir lees.
Foto galery: Droom verwesenlik by Rooiheuwel Primêr
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’