OUDTSHOORN NUUS - Rolspelers van die plaaslike Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), Gift of the Givers, EDENfm, Swartberg Country Manor, gesondheidswerkers en SWD-krieket was Vrydagoggend, 18 Julie, by Coronation tehuis vir bejaardes in Bridgton vir 67-minute vir Mandeladag.
Volgens kol. Wayne Kiewiets was die dag om saam 'n verskil te maak en 'n boodskap uit te stuur dat bejaardes wel saak maak en dat hulle nie vergeet mag word nie.
"Die dag was gevul met vreugde, lekker lag en emosionele oomblikke tydens ons tyd saam met die bejaardes. Gift of the Givers het 57 bejaardes bederf met pakkies toiletware.
Volgens Kiewiets het die dag hulle herinner dat deernis geen ouder-dom ken nie en dat waardigheid nooit vergeet kan word nie.
Personeel van Swartberg Country Manor, Salon T en Arthur Barbershop het bejaardes bederf in die nuut opgegradeerde haarsalon.
Fotogalery: Coronation bejaardes word bederf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’