OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte daarvan dat Prince Albert se rieldansers, Die Vastrappers, slegs vier jaar gelede begin dans het, het hulle die afgelope naweek stof in die oë van ander groepe in die land geskop.
Die dansers het Saterdag 8 Desember in Paarl aan die ATKV se nasionale rieldanskompetisie deelgeneem en vyf pryse ingeplam.
Hulle het die trofee vir die beste oorspronklike lirieke en musiek gewen.
Zanadam van Rooi is aangewys as die beste o.14 seunsdanser en Carlton Sassi was die beste o.20 mansdanser en sy groep het ‘n silwer medalje losgedans.
Die hoogtepunt is egter die o.14 span wat as die nasionale kampioene in hulle ouderdomsgroep aangewys is. Met Sara Rooi as afrigter en Denise Ohlson as bestuurder, het die groep dansers vier jaar gelede begin stofskop.
Sedertdien het hulle aan verskeie kompetisies deelgeneem en gaandeweg aandag op hulself gevestig.
Sarah van Rooi en die o.14-groep van die Prins Albert Vastrappers.
Sara van Rooi, afrigter van die Prins Albert Vastrappers, en die Vastrapper-orkes. Foto’s : Marlene Malan
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'