Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die munisipaliteit het bevestig dat die Raubenheimerdam 100% vol is en vanoggend begin oorloop het.
Willie Fourie, bestuurder van die Stompdrift-Kammanassiewatervereniging het ook vanoggend bevestig dat die Stompdriftdam op 16% lê en die Kammanassiedam op 4,6%.
Die pad na Rooiheuwel is tydelik vir verkeer gesluit.
Die Olifantsrivier loop sterk en die laagwaterbrug net verby die watersuiweringswerke is onder water.
Video: Rooiheuwel pad gesluit:
Raubenheimerdam
Olifantsrivier. Foto: Willie Fourie
Olifantsrivier. Foto: Willie Fourie
Rooiheuwelpad is gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'