OUDTSHOORN NUUS - ‘n ANC raadslid van Oudtshoorn, Johanna Floors, sterk tans in die hospitaal aan nadat sy gisteroggend in ‘n botsing betrokke was.
Volgens haar broer, Henry Human wat ook ‘n diendne raadslid (DA) is, het Me Floors beserings aan haar lae rug en nek opgedoen. Sy kon nog nie telefonies bereik word om inligting oor die botsing te verskaf nie.
Sover vasgestel kon word was sy en nog twee persone in ‘n Nissan bakkie in die omgewing van Highgate volstruisplaas onderweg toe ‘n ander motor voor hulle ingedraai het. Die nissan bakkie het uitgeswaai en op sy dak in ‘n kanaal langs die pad beland. Die ander insittendes is nie beseer nie.
Dit blyk dat die motor wat voor hulle ingedraai het aangehou met ry, maar later na die toneel teruggekeer het.
Die bakkie nadat raadslid Floors per ambulans hospitaal toe geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'