OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Attaqua K9-eenheid op Oudtshoorn het verlede Vrydag tik ter waarde van R110 000 naby Oudtshoorn gevind.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is dit deel van die polisie se pogings om toegangs- en uitgangspaaie in die Wes-Kaap te beveilig en te verhoed dat dwelms in die streek versprei word.
"Lede van die honde-eenheid was langs die N12 gestasioneer en het 'n verdagte Opel Corsa opgemerk. Die voertuig is gestop en deursoek. Die lede het die tik in 'n toiletsakkie onder die passasiersitplek van die voertuig gevind."
Volgens Spies is die dwelms gekonfiskeer en die bestuurder is in hegtenis geneem.
Die 26-jarige verdagte het Maandag in die hof verskyn.
Die tik wat in die voertuig gevind is. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'