OUDTSHOORN NUUS - Derek Hendriks van Prins Albert se vyfde boek, ’n digbundel getiteld Hoop!, het pas op die rakke verskyn.
Hendriks sê Hoop! is die opvolg van sy vorige boek, Oppe en Affe, wat handel oor die struikelblokke en hoogtepunte wat die lewe bied.
"Hierdie nuwe bundel beklemtoon dat daar altyd hoop in die lewe is,” verduidelik hy.
Hy vertel hoe sy skryfwerk ’n positiewe invloed op mense het, wat hom geïnspireer het om sy werk op verskeie platforms te deel.
"My rubrieke verskyn nou gereeld in koerante en tydskrifte soos Kuier.”
As ’n gebore inwoner van Prins Albert, beskryf Hendriks hoe die Karoo-dorpie ’n deurlopende bron van inspirasie vir sy skryfwerk is.
"Prins Albert en die omgewing is my muse. Dit is waaruit ek my woorde put. Ek het uit die gevangenisdiens bedank sodat ek my drome kon volg.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’