OUDTSHOORN NUUS - Die kleuters van Kleine kuikens-kleuterskool buite De Rust het verlede Vrydag op vermaaklike wyse bewus geword van die waarde van water.
Marina en Paul Eilers, wat reeds duisende kinders met hulle poppekas bereik het, het die vertoning by Kleine Kuikens aangebied.
Behalwe vir die bewaringsboodskappe wat die egpaar se aanbiedings oordra is puik taalgebruik met gepaardgaande idiome en uitdrukkings 'n kenmerk van die vertonings. Nico en Alicia Minnie van Oudtshoorn het die optrede geborg.
"Hierdie is ‘n opvoering van ongelooflike gehalte, met karakters waarop elke kind verlief kan raak. Ons het heerlik saamgesing en gediggies geleer. Paul en Marina, ons sien uit na jul volgende storie," het Jenny Joubert, skoolhoof, gesê.
Die kleuters van Kleine kuikens-kleuterskool buite De Rust het verlede Vrydag op vermaaklike wyse bewus geword van die waarde van water.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'