Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Polisievoertuig en 'n motor was pas in 'n botsing betrokke in Voortrekkerweg.
Die polisievoertuig is op sy dak. Dit is onbekend hoeveel mense beseer is.
Daar was 'n polisiehond en twee aangehoudenes in die polisievoertuig. Hulle beserings is ook nog onbekend.
Kyk 'n video hieronder:
Daar was 'n polisiehond en twee aangehoudenes in die polisievoertuig.
Paramedici behandel twee aangehoudenes wat agter in die polisievoertuig was.
Lees die nuutste hier: Opvolg: Ongeluk in Voortrekkerweg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'