OUDTSHOORN NUUS - Die polisie is opsoek na inligting rakende 'n beweerde verkragting wat op 21 Desember 2021 gebeur het.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die beweerde voorval glo by die krieketstadium in Voortrekkerweg gebeur.
"Die slagoffer het ses onbekende mans ontmoet en hul het haar genooi om saam hul te loop. Toe hul die stadium bereik het vier van die mans geloop en was hul net die twee wat saam die klaagster na die veld gegaan het. Een van die mans het haar met 'n mes gedreig en haar verkrag, die ander man het geloop."
Volgens Visser ken die klaagster glad nie die mans nie.
"Volgens haar was dit donker en het sy nie op die gesigte gefokus nie."
Enige iemand met inligting kan sersant Corné Thysse by 044 203 7513 of 044 203 7518 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'