OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra die hulp van die publiek met die ondersoek na ‘n inbraak by die geskenkwinkel op Chandelier Wildsplaas die nag van 27 September.
‘n Verdagte is op kringtelevisie vasgevang.
Verskeie items soos krale, juwele, leerhandsakke en beursies is gesteel.
Enige persone wat oor inligting beskik of die verdagte op die foto herken kan AO Leon Von Molendorff by 082 469 8224 of 044 274 4400 skakel.
Inligting word vertroulik hanteer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'