OUDTSHOORN NUUSFLITS - ‘n Plakkershut in ‘n erf te Stuurmanstraat 65 te Bongolethu, Oudtshoorn, het vanmiddag (Dinsdag 3 Oktober) omstreeks 13:40 tot op die grond afgebrand.
Volgens omstanders op die toneel het twee kinders binne die hut gespeel, kort voor dit aan die brand geslaan het.
Kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê geen kriminele klag word ondersoek nie en die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Met die brandweerdienste se aankoms op die toneel was die hut en inhoud daarvan reeds totaal deur die brand vernietig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'