Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Ongelukkige inwoners is besig met 'n plakkaatbetoging voor die Oudtshoorn-munisipaliteit. Volgens Joey Canary, 'n gemeenskapswerker, het van die inwoners saam met die Oudtshoorn Vroue Forum, op 28 Mei 'n optog by die munisipaliteit gehad om hul ongelukkigheid oor die onder andere behuisingskwessies in Oudtshoorn te lig.
"Ons het die munisipaliteit twee weke gegee om op ons memorandum te reageer, maar hulle het nie."
Volgens van die deelnemers aan die betoging word behuising nie op 'n regverdige manier oorhandig nie en is daar inwoners wat meer as 80 jaar oud is wat steeds op 'n huis wag.
"My ma is in 1925 gebore en sy sit in 'n houthok omdat die munisipaliteit die huise nie regverdig uitdeel nie," het Jan Malgas gesê.
'n Vrou het gesê dat sy jare terug 'n stuk grond by die Kanale gekry het met die belofte dat sy op die waglys is vir 'n huis en binnekort een sal kry.
"Nou wag ek nog steeds in daardie selfde hok wat hulle my daardie tyd in neergesit het."
Volgens van die deelnemers aan die betoging word behuising nie op 'n regverdige manier oorhandig nie en is daar inwoners wat meer as 80 jaar oud is wat steeds op 'n huis wag.
Volgens die inhoud van die memorandum wat hulle in Mei oorhandig het eis die inwoners die munisipaliteit se beleid oor persone wat hokke opslaan in familie en vriende se agterplase.
"Die waglys moet deursigtig wees en moet duidelik met begunstigdes gekommunikeer word," lui 'n deel van die memorandum.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'