OUDTSHOORN NUUS - Kobus Minnie, ‘n boorling van Oudtshoorn wat jare by die gevangenisdiens betrokke was, het verlede week twee van sy kinderboeke wat hy geskryf het aan die CJ Langenhoven-biblioteek geskenk.
Vier boeke het al uit sy pen die lig gesien, waaronder twee kinderboeke, 'n digbundel en 'n kortverhaalboek. Sy gedigte is ook in verskeie bloemlesings gepubliseer.
"Ek skryf sedert ek 'n kind is, maar het eers in 2020 my eerste boek gepubliseer. Ek het nooit regtig voorheen die moed gehad nie."
Sy eerste kinderboek, Jan Dassie se Avonture, is geinspireer deur die dassies wat hy altyd dopgehou het by die Punt in Mosselbaai. Minnie sê dat hy lewenslesse vir kinders in sy stories probeer inwerk.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’