OUDTSHOORN - Die span van Pam Golding Properties Oudtshoorn is tans besig met hul Jars of Hope-projek.
Hulle beoog om teen 11 Augustus soveel as moontlik Jars of Hope (oftewel Bottels van Hoop) in te samel.
Hierdie glashouers word gevul met nie-bederfbare bestanddele wat maklik is om te kook is en ’n voedsame maaltyd vir gesinne in moeilike omstandighede bied.
Hoe kan jy help?
Lede van die publiek is welkom om op een van twee maniere betrokke te raak:
Maak jou eie Jars of Hope: Gebruik die resep hieronder.
Skenk leë bottels of bestanddele: Die Pam Golding-span sal dit met liefde namens jou vul.
Afleweringspunte
Skenkings kan by enige van die volgende plekke af gelaai word, of daar kan met die span gereël word om dit op te laai.
• Pam Golding Properties Oudtshoorn
8 Baron van Reede Straat
• Oudtshoorn Blommemark
122 Adderley Straat
• Mooi Haarsalon
81B Buitekant Straat
• Serious Hair
138 Baron van Reede Straat
Wat jy benodig:
• 1 groot glashouer met ’n deksel wat dig seel
• 1 koppie rys
• 1 koppie sopmengsel
• 1 koppie lensies of droë ertjies
• 1 blokkie aftreksel (sonder papier)
• 1 pakkie soppoeier (opsioneel)
• Geurmiddels of speserye (opsioneel)
Metode:
Gooi die bestanddele netjies in lae in die glasbottel en maak dit deeglik toe. Die inhoud van een bottel kan ’n gesin voed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’