TUINROETE NUUS - Met Oktober wat verklaar is tot nasionale vervoermaand kan motoriste hulleself gereedmaak vir talle padblokkades.
Sowat 51 voertuie is van Woensdag tot Vrydag, 9 tot 11 Oktober afgetrek en getoets vir padwaardigheid tydens 'n gesamentlike operasie tussen die George- provinsiale verkeersafdeling en die munisipale verkeersafdeling.
Daar is 12 voertuie geskut en 15 is onpadwaardig verklaar. Ongeveer 10 beamptes was betrokke in die operasie waartydens hoofsaaklik taxi's en swaarvoertuie ondersoek is.
Volgens 'n bron is nege voertuie tydens die operasie weens onpadwaardigheid geskut en twee omdat die nodige openbare vervoerpermitte nie getoon kon word nie.
'n Totaal van R17 500 se boetes is uitgereik en een persoon is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.
Die doel van die operasie was om die padwaardigheid van voertuie te bepaal en te verseker dat hulle aan veiligheidsvereistes voldoen.
October being national transport month, motorists can prepare for numerous roadblocks in the area. About 51 vehicles were pulled over and inspected from Wednesday to Friday, 9 to 11 October. They were tested for roadworthiness during a joint operation between the George provincial traffic department and the municipal traffic department.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'