OUDTSHOORN NUUS - Daar is steeds mense wat in Gamkaskloof (Die Hel) gestrand is na verlede week se reën.
Volgens Kevin van Blerk, het dit op 8 April ongeveer 101,1 mm in 14 ure in Gamkaskloof gereën.
'n AMS-helikopter het ook verlede week gehelp om voorraad aan die inwoners en gaste wat vasgekeer is te neem en om gaste terug oor die rivier te bring.
Marinette Joubert, wat saam met haar man Pieter en hul kinders op Pieter se familieplaas, Fontein Gasteplaas, woon het gister 14 April 'n versoek op Facebook geplaas en vir dringende hulp gevra.
"Fondse word dringend benodig om die pad na Gamkaskloof te herstel. Daar is tans geen toegang tot of van Die Hel nie weens erge oorstromings. Tien mense sit nog vas agter riviere en beskadigde gebiede, gaste is met Helikopter uitgehaal. Karoo Distriksmunisipaliteit, Cape Nature en Private sektor werk nou saam om oplossings te probeer vind om die pad te herstel, maar fondse is nodig... anders kan dit dalk weke of selfs maande neem voor enige gaste weer ons pragtige vallei kan kom besoek. Hulle sal u ondersteuning opreg waardeer om dit moontlik te maak!"
Joubert het gesê enigiemand wat wil help kan haar by 072 355 9623 kontak.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
Die toestand van die Otto du Plessis-pad (die Hel-pad).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’