OUDTSHOORN NUUS - Ontevrede ouers van leerders verbonde aan Groot Kraal UCC Primêr sowat 25 km buite Oudtshoorn, het vanoggend buitebande ‘n paar meter van die skool en op die Grottepad aan die brand gesteek omdat hulle ongelukkig is met besluite wat die skool neem sonder hulle insette.
Die ouers se besware sluit in die verandering van busroetes, die aanstelling van nuwe busmaatskappye, onbekende busdrywers, die ontbinding van die bestaande beheerliggaam asook die aanstel van ’n nuwe beheerliggaam sonder enige verteenwoordiging van ouers of gemeenskapslede en ook die aanstelling van 'n nuwe skoolhoof.
Die Oudtshoorn-polisie het die situasie gemonitor terwyl die brandweer die vlamme geblus het.
Lees die volledige storie in volgende week se uitgawe van Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'