OUDTSHOORN NEWS - Oudtshoorniete het geskitter by die onlangse Eden-sporttoekennings wat sportlui, afrigters, bestuurs- en administratiewe beamptes, sportspanne, sportorganisasies en ook joernaliste en fotograwe erken vir hul harde werk deur die jaar.
Volgens die sportraad is dit hartverblydend dat die gedrukte media soveel belangstelling toon in die prestasies van die Eden-sportfamilie.
Vanjaar het die sportraad meer as 160 nominasies ontvang wat gekeur moes word en die beoordelingspaneel het 'n moeilike taak gehad om by die finaliste uit te kom. Die kwalifiserende tydperk vir toekennings vir prestasies was tussen 1 September 2022 - 30 Junie 2023.
Oudtshoorniete het vele van hierdie prestasies ingepalm
- Sonja Schultz van Eden-fietsry is as administrateur van die jaar aangewys;
- Union Stars-vrouekrieketspan is as span van die jaar aangewys;
- Alma Botes is as vrywilliger van die jaar aangewys vir haar werk by Eden-toutrek;
- Polisiehoogte-sopkombuis en nasorgsentrum is as ontspanningsliggaam van die jaar aangewys en
- Wyndham Ewerts van Oudtshoorn Courant is aangewys as sportjoernalis van die jaar. (Berig op bladsy 8)
- Hennie Baartman, prinsipaal van die Eljada Kairos skool in Oudtshoorn en bekende in rugbykringe, het die Presidensiële toekenning ontvang vir sy jare lange toewyding aan SWD-rugby.
Sonja Schultz (links) van Eden-fietsry is as administrateur van die jaar aangewys. Foto's: verskaf
Alma Botes (middel) is as vrywilliger van die jaar aangewys vir haar werk by Eden-toutrek.
Phillip Seroux (links) voorsitter van die Polisiehoogte-sopkombuis en nasorgsentrum ontvang die toekenning vir ontspanningsliggaam van die jaar. Foto's: verskaf
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’