OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-gemeenskap het, na die verwoestende brande van die afgelope week, hul harte oopgemaak vir inwoners van Mosselbaai.
Die Lategan-familie het ’n perseel beskikbaar gestel as afsetpunt vir bydraes.
Die adres is Rademeyerstraat 13 en bydraes kan van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:00 afgegee word.
Items wat tans benodig word:
- Klerasie (alle groottes vir mans, vroue en kinders)
- Toiletware (seep, sjampoe, reukweerder, room, sanitêre produkte, ens.)
- Kos (nie-bederfbaar: pap, rys, pasta, blikkieskos, boksies melk, ens.)
- Skoene
- Bababenodigdhede (doeke, weggooibare natlappies, formule melk, babakos)
- Skoolskoene
- Water
- Potte en panne
- Eetgerei
- Beddegoed (lakens, komberse, kussings)
- Handdoeke
- Elke donasie, groot of klein, help ’n gesin om weer op hul voete te kom.
Enige bydrae gaan ’n groot verskil maak.
Vir navrae kontak 073 172 3119.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’