Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Skolesport van hoogstaande gehalte het die dorp die afgelope naweek oorgeneem.
Beide Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium het hul teenstanders tydens interskole-wedstryde op die rugbyveld op hul tuisvelde oorwin en die dorp se naam hoog gehou.
FOTOGALERY: Interskole sorg vir groot opwinding
Struisies het York High van George aangepak terwyl Langenhoven Gimnasium Hoërskool Punt van Mosselbaai die stryd aangesê het. Rugby was nie die enigste sport wat op die dag gespeel is nie, met onder andere netbal, hokkie, skaak, gholf en fietsry wat ook vir groot opwinding gesorg het.
Die skole het groot skares gelok met veral hul eerste span rugbywedstryde, maar ouers en toeskouers het met byna elke sportkode die pawiljoene vol gesit.
Hoërskool Oudtshoorn
Volgens Maryke Botha, Struisies-bemarker, was dit 'n heerlike dag van rugby, waar beide skole die bal lug gegee het. "Dit was ook die eerste keer dat ons twee skole tydens 'n volle dag van rugby teen mekaar meegeding het. Die sportmangees was goed en ons is dankbaar vir hierdie nuwe vriendskap op en langs die rugbyveld. Ons is trots op elke speler," het sy gesê.
Die tellings was as volg:
Rugby:
- o.19A 31 - 21,
- o.19B 43 - 7,
- o.16A 3 - 19,
- o.15A 29 - 17,
- o.14A 62 - 0.
Netbal:
- o.14A verloor 9 - 18,
- o.14B verloor 3 - 12,
- o.15A verloor 6 - 15,
- o.15B wen 10 - 9,
- o.16A wen 14 - 12,
- o.16 en o.17 gemengde-span wen 13 - 6,
- o.18B wen 19 - 18,
- o.18A verloor 15 - 16.
Dogtershokkie:
- o.14 verloor 0 - 3,
- o.16B verloor 0 - 1,
- o.16A verloor 0 - 5,
- o.18A teen o.18B wen 3 - 0.
Seunshokkie:
- o.14 verloor 1 -3,
- o.16A verloor 0 - 1,
- o.16B wen 1- 0,
- o.18A teen 0.18B wen 2 -0.
Langenhoven Gimnasium
Rugby:
- o.19A wen 24 -22,
- o,19B verloor 3 - 14,
- o.19C verloor 12 - 13,
- o.19D gelykop 12 - 12
- en ook die o.16A-span,
- o.15A verloor 12 - 17,
- o.14A wen 33 - 5.
Netbal:
- o,18A verloor 32 - 34,
- o.18B verloor 7 - 16,
- o.16A verloor 13 - 3,
- o.16B verloor 10 - 23,
- o.15A 23 - 17,
- o.15B 13 - 21,
- o.14A 22 - 25,
- o.14B 16 - 19.
Hokkie:
- o.19A dogters wen 1 - 0,
- seuns verloor 0 - 2.
- o.19B dogters 1 - 2,
- o.16A seuns speel gelykop 1 - 1 en dogters 2 - 2.
- o.16B seuns wen 3 - 0 en dogters verloor 0 - 1.
- Die o.14A seuns verloor 0 - 2 en dogters verloor 1 - 4.
- o.14B dogters wen 2 - 0.
Fietsry: Gim 12 teen Punt se 9.
Skaak: Gim 5 teen Punt se 7.
Muurbal: Gim wen 6 - 4.
Gholf: Gim 72 teen Punt se 123.
'n Speler van Langenhoven Gimnasium, met bal in hand, probeer een van sy teenstanders van Hoërskool Punt omseil. Die interskole-wedstryde van beide Gim en Hoërskool Oudtshoorn het die naweek gesorg vir opwindende rugby.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’