OUDTSHOORN NUUS - Polisielede van Oudtshoorn wat in hulle onderskeie afdelings uitblink is verlede maand tydens 'n toekenningsgeleentheid vir hulle prestasies vereer.
Brigadier Lavona Januari, bevelvoerder van Oudtshoorn-polisiestasie, het gesê alhoewel almal nie toekennings kan ontvang nie, sy elke lid bedank vir hulle toewyding en harde werk.
Die aand is deur Sanlam en Old Mutuasl geborg.
Die wenners van die jaar in die onderskeie kategorieë is:
- Lid met gestremdheid: Ao Jakes Jacobs
- Reservis van die jaar: Res sers. Maasdorp
- Man van die jaar: Sers G.J.Wolmarans
- Admingroep: Inligtingsbestuursentrum
- Vispol-lid van die jaar (5-7): Sers A.G.Witbooi
- Vispol-lid van die jaar (8 -12) Ao W.P. Erasmus
- Administratiewe werknemer (vlak 1-7): E.L.V. Manuel
- Administratiewe werknemer (vlak 8-12): Kapt Beverley Booysen
- Speurgroep van die jaar: Ekonomiese groep
- Speurder van die jaar: Sers. S. Flemmer
Ao Jakes Jacobs (links) by kol. Chris Marnewick. Foto's: Rudy van Heerden
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'