OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-besigheidskamer se gebruiklike sakenetwerkaand het Donderdagaand 24 April by die Ostrich Emporium plaasgevind.
Amelia Lubbe, ondervoorsitter, Oudtshoorn-besigheidskamer het gaste verwelkom en kortlik toegespreek. Sy het Hennie Davel namens die organisasie bedank vir sy inisiatief om persone wat korrektiewe gemeenskapsdiens moet verrig aan te wend om seker opruimingstake in die dorp te doen.
Sy het lede aangemoedig om die Oudtshoorn-munisipaliteit se konsepbegroting deur te werk en die nodige insette te lewer.
Drie nuwe lede is verwelkom: Ketterer Attorneys, Du Plessis Gehoorpraktyk en Queens Mall Apteek.
Tans bestaan Oudsthoorn-besigheidskamer uit 149 besighede wat aktiewe lede is van die organisasie wat hul almal ten doel stel om verbetering en ekonomiese groei in Oudtshoorn aan te moedig.
Die Oudtshoorn-besigheidskamer glo ook aan 'n oop kommunikasiekanaal met Oudtshoorn-munisipaliteit en moedig aan dat toerisme, landbou en besighede onder een dak moet saamwerk om Oudtshoorn se ekonomie te versterk.
Die volgende netwerkaande gaan plaasvind op 29 Mei, 26 Junie en 31 Julie.
Besighede wat nog nie 'n lid is nie kan met Helen Butler skakel rakende lidmaatskap op die volgende nommer: 084 443 6320
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’