OUDTSHOORN NUUS - Die voortsetting van die raadsvergadering van Oudtshoorn-munisipaliteit wat Donderdag 30 April begin het, is tans in sitting.
Met die aanvang van die vergadering het raadslid, Johan Fourie, sy kommer uitgespreek oor die swaar reën wat vanaf môre tot Donderdag voorspel word.
Hy het gevra of die munisipaliteit gereed is om moontlike vloede te hanteer en het gevra dat inwoners dringend bewus gemaak moet word van die waarskuwing wat deur die SA Weerburo uitgereik is.
Die burgemeester, Zoe Tyatya, het die versekering gegee dat nooddienste op gereedheidsgrondslag gebring word in geval van swaar reën.
Inwoners word gevra om ag te slaan op die waarskuwing van swaar reën wat voorspel word en daarvoor voor te berei.
Oudtshoorn Courant sal lesers op sosiale media op hoogte hou van al die nuutste waarskuwings en verwikkelings.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’