Die Oudtshoorn Courant het bevestiging gekry dat lede van die verkeersdepartement Maandag tydelik geskors is en nog beamptes verplaas is terwyl die ondersoek aan die gang is.
Die bestuurder van die beskermingsdienste op Oudtshoorn, Murray-Wayne Konnie neem op die oomblik tydens die ondersoek waar as verkeershoof en gee die versekering dat die verkeersdepartement en lisensiekantore normaal funksioneer.
Nog ‘n beampte het aangedui dat alle rekords en dokumentasie nagegaan word.
Dit is duidelik dat die werksaamhede van bestuurskole drasties ingekort is. Waar daar gewoonlik ‘n miernes van bestuurskool-aktiwiteite by die lisensiekantore is, was daar vandag slegs drie of vier bestuurskoolvoertuie te sien.
Die Oudtshoorn Courant sal Vrydag meer breedvoerig hieroor berig en lees dan ook meer aanlyn.

'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'