So verduidelik 'n munisipale amptenaar by 'n substasie in Bridgton waardeur 11 000 volt vloei.
Die substasie is reg langs 'n leë gebou geleë wat die afgelope paar maande van alles behalwe die mure gestroop is. Beide die gebou en die substasie is oorkant 'n polisie-stasie geleë.
Slotte wat die deure van die 11 000 volt transformator moet beveilig is afgeknip en as 'n noodmaatreël is dit deur die munisipaliteit met boute en moere toegemaak. Ysterplate aan die onderkant van die transformator is reeds afgesteel. 'n Palissade-heining wat om die substasie opgerig is, om veral kinders weg te hou, is ook reeds gedeeltelik verwyder.
Van die aangrensende gebou is daar nog net die mure en dak oor. Elektriese bedrading, pype, vensterrame en deure met kosyne is reeds verwyder.
Met die besoek van die Oudtshoorn Courant het 'n man agter in die gebou in die vertrek wat vroeër 'n badkamer was gesit en die stukkende toiletbak waarin menslike afval opgehoop is gebruik.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Groot gedeeltes van die palissade-heining wat moet voorkom dat ver-al kinders aan die dodelike substasie karring sowel as al die slotte, aangedui deur die pyle, is reeds verwyder.
Ondanks die feit dat daar geen water of riolering in die gevandaliseerde
gebou is nie, gebruik mense die gedeelte steeds as 'n toilet.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'