OUDTSHOORN NUUS - Die persoon wat laasnag op die grottepad in 'n botsing betrokke was, se familie het vanmiddag omstreeks 13:30 tydens 'n oproep aan die Oudtshoorn Courant van die botsing gehoor.
Hulle is in kontak gebring met die polisielede wat vanoggend op die toneel was en het inligting aan die polisie verskaf.
Die man was laasnag na sy broer onderweg toe die botsing plaasgevind het.
Die beseerde man is na die George-hospitaal oorgeplaas met veelvuldige beserings.
Hy het onder andere frakture aan sy bobeen en enkel, inwendige beserings, beserings aan sy gesig en harsingskudding.
Volgens 'n familielid word 'n skandering gedoen om vas te stel of daar ander beserings is.
Lees 'n vorige artikel: Onbekende man ernstig beseer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'