Update
OUDTSHOORN NUUS - Ludwig Zeelie, die motorfietsryer wat Maandag teen 'n vragmotor gebots het, is in 'n stabiele toestand in die George-hospitaal.
Hy is Maandagmiddag vanaf Oudtshoorn na George oorgeplaas.
Volgens sy ma, Charmaine, is hy tans onder verdowing teen erge pyn. Die ernstigste besering wat hy opgedoen het is 'n fraktuur aan sy linkerknie.
Hy het ook 'n skedelbreuk opgedoen en verskeie kneusplekke. Hy verduur ook borspyn.
Die botsing het by die kruising van Voortrekkerweg en Buitekantstraat plaasgevind. Dit blyk dat 'n vullistrok voor die aankomende motorfiets ingedraai het.
Lees 'n vorige artikel: Motorfietsryer beseer in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'